11 September 2014

Klein Lana en haar mamma Nushka en pappa Woodford

Toe ek my nuwe kamera kry so paar weke terug, toe weet ek dit is mos die regte tyd om 'n foto sessie te reël met Nushka en Woodford. Ek het so lank al uitgesien om hulle babatjie te ontmoet! Eintlik ken ek die pragtige couple al baie lank. Ons het saam groot geword, al drie van ons, en dit is vir my so 'n wonderlike storie van hoe hulle op die ou end mekaar gekies het in hierdie lewensreis. Die tweetjies is 'n paartjie gemaak vir mekaar, en stunning mense daarby!

En so gebeur dit toe dat ons so op nommer 99 reël om sommer bietjie saam te kuier op die gras buite hul woonplek sodat ons hierdie mooie kind in 'n prentjie kan vasvang - want jy weet, kinders word te gou groot en foto's is kosbare goed vir die toekoms!

Om kindertjies af te neem is nie altyd dadelik maklik of aangenaam vir hulle nie - soos in die geval van Lana - hulle sny tande, hulle word wakker en is nie in die beste van buie nie, hulle is honger, of miskien het hulle 'n on-lekker magie. Maar dan kom daar altyd oomblikke deur wanneer hulle absoluut die show steel, en glimlag en gesiggies trek en sommer net alles bekyk en bewonder. En dan is dit die mees amazingste ding om te sien hoe ouers ten spyte van al die wakker-bly-aande as dit moeilik gaan, soveel liefde, koester en omgee oor het vir die klein bondeltjie mensies. Van dit wat ek sien is ouerskap nie grappies nie, maar eerder 'n ander tipe happiness.

Lana het net wakker geword toe ons haar buitentoe gevat het, so sy was gladnie happy met ons nie - soos julle in 'n paar van die eerste fototjies sal sien (selfs daai dik lip gesiggie is cute!), maar toe sy eers begin smile was daar geen end nie. Sy is 'n pragtige, vriendelike poppie met die mooiste blou oë! En dan sou Nushka nou gesê het: "Het julle al haar ma gesien?" 

Geniet die foto's! :)














 











 













 




 




 




 








 

 





 

Please do not reproduce, copy or use any of the images in any way without my written permission. Copyright © 2014 Anneli Strecker. All Rights Reserved.

1 comment :

  1. A beautiful family. Love you all. Great photos capturing a wide range of memories. Thank you all.

    ReplyDelete